On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

#AgriSA vra vir kalmte voor #BrendinHorner-saak

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:47 Fri, 16 Oct 2020

#AgriSA vra vir kalmte voor #BrendinHorner-saak | News Article
Will

Daar heers spanning in landbougeledere en Agri SA verstaan die emosies ten opsigte van kriminaliteit in die land.


Dié organisasie se president, Pierre Vercueil, sê mense se reg tot protesaksie is 'n basiese reg in die land, maar daar moet egter kennis geneem word van die versoek van Vrystaat Landbou (VL) en die Senekal-landbouvereniging se oproep tot kalmte. Vercueil se boodskap is in die lig van mense van oor die land heen, en boere wat vandag byeen is in Senekal om die borgaansoek van die twee verdagtes, wat aangekla word van die moord op die jong Brendin Horner.  Hier is Vercueil...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê boere voel uitgelewer aan kriminaliteit en daar word geen oplossing aan hulle in dié verband gebied word nie. Daarom wil boere protes aanteken en seker maak  die regering verstaan duidelik "waar staan boere". Juis daarom word daar 'n beroep gedoen op kalmte en ordelikheid.

Vercueil sê as boere moet daar nie 'n vuur aangesteek word wat later nie beheer kan word nie. "Dit is absoluut belangrik dat in die tyd waarin ons nou is in Suid-Afrika, ons die oplossings hiervoor moet kry en dat ons kalm moet bly in hoe ons dit benader."


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.