On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Jong boer doen ernstige brandwonde op in Hertzogville-distrik

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:19 Tue, 20 Oct 2020

Jong boer doen ernstige brandwonde op in Hertzogville-distrik | News Article

'n Jong boer van die Hertzogville-distrik in die Vrystaat het 40% brandwonde opgedoen in 'n wegholveldbrand wat Sondag in dié distrik ontstaan het.


Dié brand het na bewering tydens betogings deur plaaslike inwoners van die township oor waterkwessies uitgebreek. Gys Olivier, voorsitter van Agri Hertzogville, sê Tewie Nel, die seun van dr. Gerhard Nel, wat ook 'n kranige boer in die distrik is, is gister na 'n hospitaal in Bloemfontein gehaas.  Volgens Olivier is Tewie in die hoësorgeenheid opgeneem. Hy sê dié brand het op die R708 ontstaan en die vlamme het vinnig in die veld versprei, wat gelei het tot veelvuldige brande wat toe in die rigting van Dealesville, Bultfontein en Hoopstad gewoed het. Boere met hul vuurvegters het tot laat gistermiddag gespook om die vlamme te blus. Hy sê verwoesting is gesaai,  met 'n boer se huis en pakhuis met werktuie wat in die slag gebly het. Boere in dié distrik het groot veeverliese gely en duisende hektaar weiding het afgebrand.  OFM-nuus se Christal-Lize Muller het gisteraand met Olivier gepraat...


Sien PODCAST aan die einde van die blad


Hy sê die skade wat aangerig is, is hartverskeurend. Giep Botha se huis en pakhuis met werktuie in het in die slag gebly. Boere het al hul weiding verloor. Honderde vee, wat skape en beeste insluit, het in die slag gebly. Hy sê die brand het Sondag laat ontstaan. Daar was 'n betoging in Hertzogville oor waterprobleme. Volgens inwoners proe die water sleg. Olivier sê die wind was baie sterk en die vlamme het vinnig in die warm en droë toetstande Maandag versprei. Die situasie is vererger deur welige plantegroei wat vinnig gebrand het nadat dit in die begin van die jaar goed in die Hertzogville-distrik gereën het. Die pan in die distrik het toé volgeloop en in dié strook was daar goeie plantegroei. 

Hy sê die brand het Sondag van die pad af in die veld versprei en die vlamme het oor die pad van Christiana na Bloemfontein gespring.  Die vlamme het vinnig versprei in die rigting van Hoopstad. Teen gisteraand het dit ook in die Boshof-distrik gebrand, nadat dit ook Vrydag in die distrik gebrand het.

Olivier het gisteraand aan OFM-nuus gesê die voorpunt van die Hertzogville-brand kon beheer word en die meeste brande, wat daaruit ontstaan het, was toe onder beheer, maar die geringste verandering van die wind kan die situasie verander, veral met smeulende houtstompe en miskoeke van diere wat 'n gevaar inhou.  

Hy sê hulle is in die proses om 'n formele verslag saam te stel om die omvang van die skade te bepaal, maar dit was teen gister nog moeilik om pen op papier te plaas, omdat boere in die gebiede steeds hard teen die vlamme geveg het. 

Olivier loof boere van buurdorpe wat kom help het om die brande te bestry.  


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.