On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Hertzogville-brande nou gesamentlik gemonitor

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:45 Wed, 21 Oct 2020

Hertzogville-brande nou gesamentlik gemonitor | News Article
FOTO: Verskaf

Verskeie betrokkenes werk nou saam in 'n poging om die verwoestende veldbrande in die Hertzogville-, Dealesville- en Boshof-distrikte, wat op 'n rampsituasie neerkom, te monitor.


Johan Breytenbach van die Vrystaatse sambreel-brandbeskermingsvereniging (VSSBBV), sê verskeie regeringsdepartemente en ander belanghebbendes is nou aan boord. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat... 


Sien PODCAST aan die einde van die blad


Hy sê die Lejweleputswa-distrik se rampbestuursentrum is betrokke en het met dié inisiatief na vore gekom.

Daar is klomp mense wat betrokke is, soos regeringsdepartemente en Working-on-Fire brandspanne wat bystand lewer. Volgens hom is dit sover bekend die eerste keer dat 'n rampsituasie van dié aard op dié wyse gekoördineer word. Die spanpoging maak dit moontlik om die situasie te monitor en hulpbronne aan te bied. 

Hy sê dit is baie belangrik om te onthou dat die brandseisoen nog nie verby is nie. Dié is die eerste brand wat rampafmetings aanneem in terme van sy grootte en omvang. Dit is belowend dat 'n struktuur van die aard gevorm is, sodat die situasie in totaliteit gekoördineer kan word deurdat verskeie belanghebbendes betrokke is. Dit is goed en daar kan hopelike positiewe praktyke daaruit vloei.    

Breytenbach sê die groot probleem in die stadium is dat gunstige brandtoestande vir die res van die week kan voortduur. Hy sê daar is in die komende vyf dae steeds 'n hoë risiko vir wegholbrande en die brandgevaar is groot in die westelike, sentrale en suidelike gedeeltes van die Vrystaat. Hitte en winderigte toestande kan dan voorkom. Hy sê daar is ook baie biomassa, wat uitgedroogde gras en blare met 'n lae voginhoud insluit, en dít is vlambaar. Daar is ook 'n lae lugvoginhoud en dit is die faktore wat bydra tot 'n hoë brandgevaarrisiko in die grootste gedeelte van die provinsie. 

Hy sê mense wat brande blus, moet waaksaam en veilig te werk gaan. Dit is veral belangrik vir mense wat betrokke is by brande om beskermde klere aan te trek. Mense moet ook ten alle tye waak daarteen om 'n situasie te skep waarin brande kan ontstaan. 


OFM-nuus


 


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.