On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Pryse vir maer skape toon ‘n styging

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 05 Nov 2020

Pryse vir maer skape toon ‘n styging | News Article
Image: Sabrina Dean

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. 

Hier is Derksen...


Sien onderstaande PODCAST


Derksen sê lewendehawe se pryse bly oor die algemeen stabiel, maar pryse vir maer skape toon ‘n styging as gevolg van die naderende Kerstyd. Hy voeg egter by dat veediefstal steeds ‘n probleem is en begin hande uitruk. Ten spyte hiervan, sê Derksen die Noord-Vrystaat het goeie reën ontvang die afgelope paar dae wat ‘n wonderlike begin is vir die seisoen.

Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings onder 200kg teen R40,53 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R37,00 en speenkalwers oor 250kg het teen R35,47 per kg verkoop.

Ander veilingspryse vir beeste:

A-klas beeste         R 27,48 per kg

B-klas beeste         R 22,56 per kg

C-klas vet koeie     R 22,80 per kg

Maer koeie             R 19,18 per kg

Slagbulle                R 23,03 per kg

Skape 

Stoorlammers        R 48,15 per kg

Slaglammers          R 38,48 per kg

Stoorskape             R 30,93 per kg

Vetskape                 R 28,00 per kg

Bokke 

Lammers                R 47,75 per kg

Ooie                        R 32,52 per kg


Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.