On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Produksieseisoen lyk belowend vir rosyne

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 25 Nov 2020

Produksieseisoen lyk belowend vir rosyne | News Article

Die nuwe rosyntjie-produksieseisoen lyk belowend. Dit is volgens Ferdie Botha, hoof- uitvoerende bestuurder van Raisins SA.


Botha sê alhoewel rosyntjieprodusente in September vanjaar rypskade ervaar het, lyk vooruitsigte steeds goed. OFM-nuus se Elsabé Richard het met hom gesels oor hoe dit in die rosyntjiebedryf gaan en watter inisiatiewe Raisins SA tans aan die gang het…


Sien onderstaande PODCAST


Botha sê haelskade het gedurende die afgelope naweek by die Oranjerivier voorgekom, maar dat die rosyntjieoes in die Wes-Kaap ook baie belowend lyk. Hy sê die Clanwilliam-dam is vol en produsente is opgewonde ná ‘n twee jaar lange droogte wat hulle in die omgewing ervaar het.

Hy voeg by dat die Covid-19 pandemie ‘n groot invloed gehad het op die wêreld ekonomie, sowel as die plaaslike ekonomie. Wat na vore gekom het gedurende dié tyd is dat die landbousektor onder omstandighede goed presteer het, “en ek dink die soortgelyke tendens word waargeneem in die rosyntjiebedryf”.

Verder sê Botha die prys van rosyntjies het ‘n daling getoon in die 2019/20-seisoen, maar dat pryse tans verder stabiliseer en ook sywaarts beweeg. Hy sê die rosyntjiebedryf hoop dat dit in die nabye toekoms pryse tot hoër vlakke sal kan bou. Hy verduidelik dat omdat die plaaslike rosyntjiebedryf gekoppel is aan die internasionale mark het produsente teen internasionale pryse die voordele gesien van ‘n verswakte Rand.

Botha sê Inisiatiewe wat Raisins SA tans aan die gang het, vorm deel daarvan om verbruikers bewus te maak van die voordele wat rosyntjies sowel as droë vrugte en neute kan bied. “Ons is ook baie opgewonde om aan te kondig dat Bongi Bonambi, wat deel was van die Wêreldbeker-rugbyspan en in die haker posisie uitgedraf het vir die Bokke, aangewys is as [handelsmerk-ambassadeur] vir Raisins SA," voeg hy verder by. Botha sê hulle is opgewonde oor die toekoms en sien daarna uit om saam met Bonambi te werk en Suid-Afrikaners bewus te maak van die besonderse produk.


Wie is Raisins SA?

Raisins SA is ‘n statutêre liggaam, ingestel deur die Minister van Landbou. Die organisasie fokus op vyf areas naamlik administratiewe funksies van die bedryf; om navorsing en ontwikkeling namens die bedryf te hanteer en sodoende produktiwiteit en winsgewendheid op plaasvlak te verbeter; om proaktief deel te neem aan transformasie in die bedryf en opkomende of swart produsente in te trek by die formele waardeketting; inligting- en kommunikasie-aktiwiteite; en laastens marktoegang en mark-ontwikkeling - wat in dié stadium ‘n redelike sterk fokusarea vir die bedryf is.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.