Agri Hour
Verskeie faktore beïnvloed wolmark negatief─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 27 Nov 2020
Die wêreldwye onsekerheid oor die stand van Covid-19 en die Rand wat die afgelope maand konstant versterk het teenoor die vernaamste geldeenhede, het weer eens vandeesweek 'n negatiewe impak op die Suid-Afrikaanse wolmark gehad.
Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, voeg verder by dat die groot hoeveelheid bale wat op die volgende veiling aangebied gaan word, moontlik die wolmark negatief kan beïnvloed. Hier is Victor...
Sien onderstaande PODCAST
Hy sê wol wat vandeesweek in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 3,5% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen. Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde (RWS) goeie kwaliteit Merinowol weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei. Hy voeg by dat 37% van wol wat aangebied is, Merinowol was. Victor sê produsente kan gerus kennis neem hiervan en ook aanvaar dat dit 'n toekomsneiging is wat gekom het om te bly. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 2 Desember 2020, waar 18 357 bale aangebied sal word. Dit is dan ook die laaste veiling van 2020.
OFM-nuus
