On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 30 Nov 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Image:https: anaphylaxis.org.uk

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Amerikaanse mieliepryse het Vrydag met ongeveer 1,5% hoër gestyg op 'n rondte tegniese aankope wat aangespoor is deur nog 'n groot verkoop aan Mexiko wat Vrydagoggend aangekondig is, asook berigte oor droë weer in Suid-Amerika.

Private uitvoerders het die verkoop van 302 000 ton mielies vir lewering aan Mexiko gedurende die bemarkingsjaar 2020/21, wat op 1 September begin het, aan USDA gerapporteer.

Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal onder druk gekom en het swakker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R29/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 907/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R26/ton laer verhandel om teen R2 950/ton te sluit.


 
Sojabone:

Sojaboonpryse het in die VSA met 0,75% hoër geklim as gevolg van berigte oor droë weer in Suid-Amerika, asook 'n teleurstellende rondte van die verkoopsdata van USDA Vrydagoggend.

Die uitvoer van sojabone het vir die week, wat op 19 November geëindig het, tot 'n nuwe laagtepunt in die bemarkingsjaar gedaal van 767 000 ton.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal wisselvallig verkeer en het hoofsaaklik laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.  

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R2/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 412/ton te sluit.


 
Koring:

Amerikaanse koringpryse het aansienlik hoër gestyg ná 'n rondte van beter as verwagte uitvoerverkope en droë weer in die Amerikaanse vlakte én belangrike oorsese mededingers.

Die koringuitvoerverkope vir die week geëindig 19 November het tot 'n hoogtepunt van 794 000 ton in die bemarkingsjaar gestyg. China was die beste koper met 332 000 ton.

Die plaaslike koringmark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R3/ton hoër verhandel om teen R4 836/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.