On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

#OFMFarmerDay: 'Beplanning noodsaaklik vir suksesvolle boerdery'

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 02 Dec 2020

#OFMFarmerDay: 'Beplanning noodsaaklik vir suksesvolle boerdery' | News Article
Mimie Jacobs/Foto: Verskaf

Een van die belangrikste aspekte om ‘n sukses van jou boerdery te maak, is beplanning.


So sê die voormalige Vrystaatse bekroonde vroulike boer van die jaar, Mimie Jacobs. Sy het in ‘n onderhoud met OFM-nuus se Elsabé Richard, as deel van OFM se ‘Dankie dag vir boere’, gesels oor haar liefde vir boerdery en ook advies gegee aan opkomende boere. Hier is Jacobs…


Sien onderstaande PODCAST


Jacobs, wat in die Soutpan-distrik boer op die plaas Rosemead, sê dit is belangrik dat 'n boer beplanning moet doen vir sy boerdery. Sy verduidelik dat sodra jy weet waarmee jy wil boer, moet jy kyk na alle komponente wat 'n bydrae sal lewer tot 'n suksesvolle boerdery. "As jy met gewasse wil boer dan moet jy kyk na water," verduidelik sy.

Haar advies aan diegene wat graag wil boer is dat hulle hulle beste moet doen om sodoende by te kan dra tot die land se Bruto Binnelandse Produk (BBP). Sy meen dat as boere nie kos produseer vir die land nie dan styg kospryse - wat nie almal kan bekostig nie. "Ek vra gewoonlik twee vrae vir mense wat my vra hulle wil ook 'n plaas hê, hoe kry jy dit reg? Die vrae is - waarmee wil jy boer en hoe groot wil jy gaan?" Jacobs verduidelik dat sy glo dat as jy in boerdery betrokke raak moet jy groot gaan. Sy sê enige mens wat begin boer, moet mik om 'n kommersiële boer te word - groei is belangrik.

Intussen voeg Jacobs, wat vroeër vanjaar op haar plaas aangeval is deur drie mans, by dat boere wat ook hierdie aanvalle ervaar het, nie moet opgee nie. Sy verduidelik, "moet nie jou droom opgee nie. Moenie dat een negatiewe event vir jou uit die mark uit haal nie. Dit is seer... maar ons moet oor dit kom." Jacobs voeg by dat boere paraat moet wees en kyk na sekuriteit in en om die huis, "beskerm jouself, beskerm jou kinders. Wees waaksaam en laat jou werkers weet... help hulle ook om paraat te wees," sluit sy af.

Sy boer hoofsaaklik met losern en is tans besig om uit te brei en nog 23 hektaar losern te vestig. Daarmee saam het sy hierdie haar nege hektaar pekanneute gevestig - met die mikpunt om 15 hektaar pekanneute op haar plaas te plant.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.