Agri Hour

Opvolgreën in sekere NK-gebiede nodig

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 14 Jan 2021

Opvolgreën in sekere NK-gebiede nodig | News Article

Joe Scholtz, ‘n boer uit Griekwastad en voorsitter van Agri Noord-Kaap se komitee vir landelike veiligheid en veediefstal, sê boere in droogtegeteisterde gebiede hoop op opvolgreën.

OFM-nuus se Elsabé Richard het met hom gepraat oor die onlangse reën en droogtehulp-inisiatiewe…

Sien onderstaande PODCAST

Scholtz sê die westelike deel van die Noord-Kaap, wat Poffader en Springbok insluit, sowel as die suidelike gedeeltes, gaan nog gebuk onder die droogte.

Hy sê, “die skade in die natuurlike weiding is so erg dat klein buitjies reën geen noemenswaardige impak maak op die huidige stadium nie… Die tekens is daar dat ons opvolgreën gaan kry. So, ons hoop maar dat die dele wat nog droog is ook verligting sal kry.”

Hy verduidelik dat die eerste reën gewoonlik die natuur wakker maak en tydens die tweede reën begin die gras groei en raak die veld weer groen.

Scholtz sê Agri Noord-Kaap verleen droogtehulp aan boere deur skenkings wat die organisasie ontvang, sowel as deur by die plaaslike regering se deur aan te klop vir finansiële hulp.  Die organisasie bied ook humanitêre hulp en deel pakkies uit vir boervroue. “As jy in situasies kom waar ‘n boer nie meer losgeld het nie en jy kry pakkies om vir die boervrou te gee, met ‘n geskenkie in, dan is dit ook wonderlik om dit vir die vrouens te kan uitdeel en die dankbaarheid in die mense te sien,” sê Scholtz.

Indien jy kan hulp verleen of graag by droogtehulpprojekte wil betrokke raak, besoek ofm.co.za, kliek op “read” en gaan na die “featured pages” afdeling regs onder, daar sal jy die Agri Aid blad vind met verskeie skakels na hulporganisies soos Agri Noord-Kaap wat jy kan ondersteun.



OFM-nuus

@ 2020 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.


  Visit the official Covid-19 Portal  More Information
Visit the official Covid-19 Portal
Cookies help us deliver our services. By using our site, you agree to our use of cookies. Tell me more