On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 19 Jan 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto: scenario.co.za

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemarkte was onder druk en het gister laer verhandel.

Oekraïne het tot dusver 10,3 miljoen ton mielies gedurende die 2020/21-bemarkingsjaar uitgevoer. Die totale graanuitvoer is 18% laer nadat die land nie sy rekord-oes in 2019 kon haal nie.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal gemeng verhandel vir die dag maar het hoofsaaklik die dag se verhandelinge in die groen afgesluit oor meeste van die wit- en geelmieliekontrakte wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R23/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 167/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R25/ton hoër verhandel om teen R3 290/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonprys het die mieliepryse laer gevolg tydens gister se verhandelingsessie.

Private uitvoerders het die verkoop van 318 000 ton sojabone aan USDA aangekondig vir lewering aan onbekende bestemmings gedurende die 2021/22-bemarkingsjaar, wat op 1 September begin.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal gemeng verhandel vir die dag en het die dag se verhandelinge swakker geëindig oor meeste kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R150/ton laer verhandel vir die dag om teen R8 107/ton te sluit.


Koring:

Koringpryse in die VSA het ondersteuning gevind en het die dag se verhandelinge in die groen geëindig tydens gister se sessie.

Die Oekraïne het tot dusver 12.698 miljoen ton koring gedurende die bemarkingsjaar 2020/21 uitgevoer, plus nog 4,874 miljoen ton gars. Die land is verantwoordelik vir ongeveer 16% van die wêreld se totale graanuitvoer.

Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gekry en verhandel in die groen oor al die kontrakte wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark vir lewering in Maart 2021 het R10/ton hoër verhandel en gesluit teen R5 354/ton.


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.