On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Maer koeie duurder weens goeie weidingstoestande

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 21 Jan 2021

 Maer koeie duurder weens goeie weidingstoestande  | News Article
Foto: Sabrina Dean

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.

Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. 

Hier is Derksen...

Sien onderstaande PODCAST

Hy deel dat Namibië en Botswana tydelik uit die mark is. Derksen voeg ook by dat voerkrale in Suid-Afrika gekomplimenteer moet word vir die “pragtige uitvoermark wat hulle gestig het vir ons". Hy sê maer koeie is in hierdie stadium duurder as gevolg van goeie weidingstoestande.

Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R43,60 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R40,55 en speenkalwers oor 250kg het teen R37,53 per kg verkoop.

Ander veilingspryse vir beeste:

A-klas beeste
R27,35 per Kg



B-klas beeste
R25,11 per kg



C-klas vet koeie
R24,15 per kg



Maer koeie
R18,00 per kg - R22,30

Slagbulle
R25,45 per kg



Skape




Stoorlammers
R44,12 per kg



Slaglammers
R37,51 per kg



Stoorskape
R33,56 per kg



Vetskape
R32,22 per kg



Bokke




Lammers
R48,04 per kg



Ooie
R35,08 per kg



 

Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.