On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 27 Jan 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto: grainsa.co,za

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliepryse het gisteroggend gestyg namate die fondsbestuurders posisies gekoop het in die vroeë oggendure. Stygende energiepryse het gisteroggend ook bygedra tot ván die prysstygings van mielies.

Oekraïne sal ook die stygende voedselpryse bekamp te midde van 'n oestekort in 2020 as gevolg van droë weer deur die uitvoer van mielies vir die 2020/21-seisoen te beperk. Oekraïne se ministerie van ekonomie sal mielie-uitvoer beperk nadat hy 24,001 miljoen ton mielies versend het.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het hoofsaaklik sterker verhandel oor sommige van die wit- en geelmieliekontrakte wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R70/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 117/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R73/ton hoër verhandel om teen R3 228/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboon-termynpryse het gisteroggend toegeneem  maar stygings is beperk deur die verbetering van die weerstoestande in Suid-Amerika.

Die staking van vragmotorbestuurders in Argentinië wat die afgelope week geduur het, het gister tot stilstand gekom. Bestuurders het die paaie wat van die Pampas-graangordelstreek na die voorste hawe, Rosario, in die land lei, versper om die stygende tolgeld, versekeringspremies, belasting en brandstofkoste te betwis omdat die hoë inflasie die verdienste verswak het.

Die plaaslike sojaboonmark het gister wisselvallig verhandel vir die dag en het die dag se verhandelinge hoofsaaklik sterker geëindig oor meeste kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R150/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 862/ton te sluit.


Koring:

Die dalende toestande vir die winterkoringoes in Kansas, Colorado, Nebraska en Suid-Dakota het die koringtermyn-kontrakte in Kansas City gisteroggend hoër laat styg. Maar die verbetering van die winterkoringtoestande in die Midde-Ooste van die VSA het die koringtermyn kontrakte in Chicago laer laat daal.

Rusland het die formele voorstel oornag goedgekeur om 'n hoër belasting op koringuitvoer te begin vanaf 1 Maart tot 30 Junie. Die nuwe belasting word op $60,99/ton vasgestel, 'n toename van 50% van die oorspronklike ramings en dit sal vier maande duur.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind oor alle kontrakte wat verhandel het.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021 teen R64/ton hoër verhandel en teen R5 335/ton gesluit.


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.