Agri Hour
Só lyk plaaslike damvlakke─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 01 Feb 2021
Rossouw Botes, DA-raadslid in die Mangaung Metro en die party se woordvoerder oor watersake, deel die jongste damvlaksyfers.
OFM-nuus se Elsabé Richard het met hom gepraat…
Sien onderstaande PODCAST
Botes sê met dankbaarheid dit is jare sedert die Vrystaat sulke goeie damvlakke ervaar het en dat dit is miskien ‘n pluspunt vir die toekoms sal wees, veral vir die boeregemeenskap.
Hy hou gewoonlik 22 damme se vlakke in die Vrystaat sowel as die binneland dop.
Botes sê opvolgreën is nodig in gebiede waar damvlakke nog baie laag is. Daarmee saam sê hy damme wat lae vlakke toon, is die Rustfonteindam wat op 29 Januarie op slegs 30,58% was, sowel as die Knelpoortdam wat op 59,92% staan.
Damvlakke soos op Vrydag, 29 Januarie aangeteken
Douglasdam: 131,04%
Krugersdriftdam: 123,14%
Spitskopdam: 111,94%
Gariepdam: 106,64%
Erfenisdam: 105,82%
Bloemhofdam: 104,64%
Vanderkloofdam: 104,39%
Saulspoortdam: 102,77%
Koppiesdam: 100,66%
Groothoekdam: 100,65%
Welbedachtdam: 100%
Allemanskraaldam: 99,70%
Tierpoortdam: 89,91%
Katsedam: 62,53%
Kalkfonteindam: 53,97%
Botes het voorheen aan OFM-nuus gesê dat die reën ‘n groot verligting is vir boere wat geleë is in dele van die provinsie wat vir jare lank al worstel met droogte. Hy voeg egter by dat wat dalk kommerwekkend kan wees, is dat ander gebiede te veel reënval ervaar het.
Daarmee saam voeg Botes by dat boere wat aangewese is op besproeiingsregte by die hoë damvlakke kan baatvind.
Hy voeg egter by dat boere wie se besproeiingstoerusting, vee en ander items langs rivierwalle is, versigtig moet wees aangesien oorvol damme skade kan veroorsaak.
OFM-nuus
