On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

#NCfloods: LUR praat oor swaar reën, vloede

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 02 Feb 2021

#NCfloods: LUR praat oor swaar reën, vloede | News Article
Foto: Bloomberg

Die Noord-Kaapse LUR vir Samewerkende Regering, Tradisionele Sake en Menslike Nedersettings, Bently Vass, praat oor die onlangse swaar reën en vloedskade in die provinsie.

OFM-nuus se Cathy Dlodlo het met hom hieroor gepraat…

Sien onderstaande PODCAST

Vass deel dat die provinsie hewige reën ervaar het weens die nagevolge van die tropiese storm Eloise. Hy sê dit het tot gevolg gehad dat honderde gesinne dakloos gelaat is.

Die vloedskade, volgens Vass, sal die provinsie na raming tussen R40 miljoen en R100 miljoen kos. Hy voeg egter by dat hierdie bedrag meer kan wees aangesien die plaaslike regering steeds besig is om die totale koste van die skade te bepaal.

Vass sê gebiede wat hewige reën ervaar het, is die John Taolo Gaetsewe-distrik wat reeds vanaf Desember reën ervaar het, sowel as die Francis Baard- en die Pixley Ka Seme-distrikte.

Daarmee saam het sekere dele van Namakwaland, wat steeds onder erge droogte gebuk gaan, nog nie reën ontvang nie. Vass hoop dat die verwagte opvolgreën wel die droogte sal breek.

“In dié stadium wil ek vir die gemeenskappe dwarsoor die provinsie sê dat ons hoop [hulle] is veilig. Ons is in ‘n moelike tyd van Covid-19, maar ons glo en vertrou dat, as die regering van die Noord-Kaap onder leiding van die premier, ons sal probeer om ons mense se lewens te verbeter tot die beste van ons vermoë,” sê Vass.

Hy sê munisipaliteite is aangemoedig om aansoek te doen by die nasionale Departement van Behuising, om seker te maak dat inwoners kwalifiseer vir die rampfonds.

In ‘n poging om daklose gesinne te help, sê Vass is tydelike strukture in sekere gebiede opgerig. Daar word ook van kerke en skole gebruik gemaak terwyl die nodige Covid-19 protokolle nagekom word.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.