On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 03 Feb 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Image: proagri.co.za

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister vir die eerste keer in die afgelope ses verhandelingsessies onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.

Die fundamentele aspekte in die mark toon steeds aan dat die pryse sterk behoort te bly met die handelaars wat reeds begin spekuleer oor volgende week se nuutste wêreldvraag en aanbodverslag.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van wit én geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R73/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 073/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R66/ton laer verhandel om teen R3 222/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.

Die druk op die Amerikaanse sojaboonmark kan grootliks toegeskryf word aan die stroopproses van die nuwe seisoen sojabone in Suid-Amerika.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R128/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 615 /ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister onder druk gekom en het ongeveer 1% laer gesluit vir die dag.

Die Amerikaanse mark het onder druk gekom met groot aankopers wat eerder kyk na die EU en Swartsee-streek vir invoer, as vanaf die VSA.

Die plaaslike koringmark het gister laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakte wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021, R49/ton laer verhandel om teen R5 240/ton te sluit.


OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.