On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-toerisme: Eienaar praat besigheid, en #Covid19

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 08 Feb 2021

Agri-toerisme: Eienaar praat besigheid, en #Covid19  | News Article
Foto: www.be-human.co.za

Die coronavirus-pandemie het besighede in baie nywerhede gedwing om nuwe maniere te vind om kop bo water te hou.

Jacques Strydom, eienaar van Middelwaterplaas in die Vrystaat, sê agri-toerisme het wel minder voete ervaar maar hulle moes maniere vind om te verseker dat werknemers steeds hulle maandelikse salarisse kon verdien. 

Sien onderstaande PODCAST

Strydom sê hulle was toe gewees tydens die harde inperkingstydperk maar maniere gevind om geld te maak om werknemers in diens te hou.

Hy deel verder dat gesondheid en veiligheid ‘n baie belangrike aspek geword het van agri-toerisme en as ‘n prioriteit gesien moet word. Strydom sê veral met die uitbraak van die pandemie moet boere nou kyk na hoe hulle die veiligheid van besoekers kan verseker.

“Ek dink ook ‘n [mens] moet jouself die heeltyd hernuwe – mense wil nie elke Saterdag na dieselfde ding toe kom nie. So, jy moet genoeg goed skep as dit jou mark is dat mense een [keer] ‘n maand kan kom en definitief elke keer ‘n ander aktiwiteit kan doen,” verduidelik Strydom.

OFM-nuus het vroeër berig dat Strydom sê hierdie vorm van toerisme het bestaan nadat boere na maniere gekyk het oor hoe om die behoeftes te vervul van mense wat van die besige stadslewe wil ontsnap.

Hy sê mense is nuuskierig om te sien hoe hulle kos geproduseer word en om te kyk wat boere op ‘n daaglikse basis op hulle plase doen. “Hulle wil uitvind hoe werk ‘n wildboerdery. Hulle wil uitvind hoe werk ‘n mielieboerdery. Hulle wil gaan kyk na die praktyke wat mense op plase toepas,” verduidelik Strydom.

Strydom en sy vrou, Marica, het die Middelwaterplaas in 2017 gekoop, met die visie om hierdie plaas- en plaaslewe met Bloemfonteiners en verbygangers te deel.

Die plaas is net langs die N1 aan die R30 Brandfortweg, ongeveer 30 km buite Bloemfontein geleë. Hulle bied ontspanningsaktiwiteite soos onder meer fietsry en hindernisbane aan.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.