Agri Hour
Nie alle landbousektore kan nuwe minimumloon bekostig─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 15 Feb 2021
Die Landbousakekamer van Suid-Afrika, oftewel Agbiz, waarsku dat die skerp styging in die nasionale minimumloon verskillende arbeidsintensiewe subsektore in die landboubedryf negatief sal beïnvloed.
Sien onderstaande PODCAST
Die Minister van Indiensneming en Arbeid het op 8 Februarie 2021 'n aanpassing van die nasionale minimumloon aangekondig wat vanaf 1 Maart 2021 in werking sal tree.
Purchase voeg by dat die spesiale bedeling vir plaaswerkers nou uit die weg geruim is, aangesien die minimum loon vir plaaswerkers nou geëwenaar sal word - dit styg van die huidige R18,68 per uur tot R21,69 per uur.
Verder sê Agbiz in 'n verklaring dat die Nasionale Minimumloon-kommissie in November 2020 verdeeld was oor hul aanbevelings aan die minister, aangesien die arbeid, gemeenskap en onafhanklike kommissarisse 'n aanpassing van VPI plus 1,5% aanbeveel het tesame met die gelykmaking van plaaswerkers se salarisse.
Die sakekommissarisse het nie hierdie voorstelle ondersteun nie, gegewe die ekonomiese verwoesting wat die verklaring van 'n nasionale ramp veroorsaak het.
Volgens Purchase het Agbiz ook skriftelike vertoë by die minister ingedien en is gekant teen 'n verhoging bo die VPI en die gelykmaking van die uitbetaling van plaaswerkers, uit vrees dat dit kan lei tot verdere werkverliese in die sektor.
Volgens Purchase stem die verhogings nie ooreen met die ekonomiese realiteit nie.
Hy sê Agbiz het nog altyd 'n regverdige loon ondersteun, maar die tydsberekening van hierdie wysiging moet bevraagteken word.
Daarom is Agbiz teleurgesteld oor die jongste aanpassing, aangesien dit blykbaar nie die bekostigbaarheid of die huidige ekonomiese omgewing in ag neem nie.
Alhoewel sekere landboubedrywe kon handel dryf gedurende die Covid-19 pandemie, sê Purchase is die arbeidsintensiewe subsektore soos die wynbedryf swaar getref deur die onlangse verbod op verkope.
Purchase verduidelik dat wyn- en tafeldruifboere reeds voor kontantvloei-uitdagings te staan kom, en die ernstige ekonomiese impak is geïllustreer deur die onderskeie 37% en 8% jaar-tot-jaar-daling in plaaswerk in die Wes-Kaap en Noord-Kaap in die derde kwartaal van 2020.
Hy sê hulle vrees dat die onlangse aanpassing sal bydra tot reeds moeilike ekonomiese toestande vir plaasondernemings.
Die verhoging van plaaswerkers se salarisse kom neer op 'n verhoging van 16,1%.
Purchase voeg egter by dat die nasionale minimumloonwet wel voorsiening maak daarvoor dat werkgewers wat nie die nasionale minimumloon kan betaal nie, by die departement van arbeid aansoek doen om vrystelling.
OFM-nuus
