On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   07:43 Thu, 18 Feb 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies

Die Amerikaanse mieliemark het gister redelik sywaarts verhandel en daar was nie baie prysbeweging in die mark nie.

Die Amerikaanse mark is tans vasgevang tussen groot uitvoer wat die mark ondersteun en die verwagting dat die nuwe seisoen-aanplantings groot behoort te wees wat die mark onder druk plaas.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van beide wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R58/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 082/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R67/ton hoër verhandel om teen R3 210/ton te sluit.


Sojabone

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.

Die druk op die Amerikaanse mark kan grootliks toegeskryf word aan die stroopproses in Suid-Amerika wat vinniger begin plaasvind.

Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.  

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R150/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 670/ton te sluit.


Koring

Die Amerikaanse koringmark het gister weer skerp onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.

Die koue weer wat oor groot gedeeltes van die VSA voorgekom het, is negatief vir die harde en sagte rooi winterkoring. Die verwagting is egter dat die toestande behoort te verbeter in die volgende week of twee.

Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakte wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021, R50/ton hoër verhandel om teen R5 069/ton te sluit.


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.