On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   08:12 Fri, 19 Feb 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag nadat die Amerikaanse Departement van Landbou die verwagte oppervlakte vir die seisoen bekend gemaak het.

Die USDA het aangedui dat die verwagte mielie-oppervlakte vir die seisoen ongeveer 92 miljoen akker behoort te wees. Dit is meer as die vorige seisoen se 90.8 miljoen akker.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R20/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 060/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R17/ton laer verhandel om teen R3 189/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.

Die verwagting is dat die VSA ongeveer 90 miljoen akker sojabone sal aanplant vir die seisoen. Dit is drasties hoër as die huidige seisoen se 83.1 miljoen akker.

Die plaaslike sojaboonmark het gister gemeng verhandel met die naby maandkontrakte wat ondersteuning gevind het terwyl die nuwe seisoenkontrakte onder druk gekom het.  

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R74/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 591/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister goeie ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

Die Russiese koringproduksieverwagtinge vir die seisoen is met 1.9% afwaarts aangepas vanaf die vorige skatting.      

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakte wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021, R4/ton laer verhandel om teen R5 068/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.