On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Rooivleispryse stabiel in die nuwe jaar

───   05:00 Mon, 22 Feb 2021

Rooivleispryse stabiel in die nuwe jaar | News Article

Rooivleispryse het in die nuwe jaar stabiel gebly en is bykans nie beïnvloed nie.

Gielie Niewoudt, voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Vrystaat, sê die onlangse reënval het 'n gunstige impak op die rooivleisbedryf gehad. Hy sê verder dat die prys van rooivleis vir die produsent stabiel en bekostigbaar was en dat dit steeds 'n hoë proteïenbron vir die verbruiker is. Niewoudt voeg by dat die uitvoer van groot hoeveelhede rooivleis die bekostigbaarheid van vleispryse vir Suid-Afrikaners positief beïnvloed het.

In vergelyking met internasionale pryse, is die rooivleisprys in Suid-Afrika 30% laer, wat die bekostigbaarheid daarvan verhoog. Hy beantwoord vrae rakende die invloed van Covid-19 op rooivleispryse en veeveilings.

Laastens voeg hy by dat die RPO verskillende projekte geïmplementeer het om 'n uitstekende rooivleiservaring vir verbruikers te verseker en om A-gehalte vleis te lewer. Hy sê dat die RPO voortdurend toesien dat hulle diere goed behandel word, sodat daar voldoende ruimte vir weiding is en dat voedsel en water maklik vir diereverbruik beskikbaar is.

Dit was Gielie Niewoudt, voorsitter van RPO vir die Vrystaat. Om weer na dié insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op Read, Agriculture en die Agri-Hour. Skakel ook weeksdae in om 11:00 en 13:30 vir jou landbounuusbulletins, slegs op OFM.

OFM-nuus/Shirndré-Lee Simmons

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.