On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   07:48 Wed, 24 Feb 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies

Amerikaanse mielietermynkontrakte het gister 'n ekstra prysverhoging beleef. Die styging het mieliepryse tot ‘n twee weke hoogtepunte gelei.

Die vertraging in die Brasiliaanse sojaboonoes verhoog steeds die kommer oor die aanplantings van Brasilië se tweede oes mielies, wat ná die oes in Junie grootliks na die uitvoermark gestuur word.

Die plaaslike mieliemark het gister wisselvallig verhandel oor al die kontrakte wat vir wit- en geelmielies gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R23/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 110/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R23/ton laer verhandel om teen R3 230/ton te sluit.


Sojabone

Stadige oestempo’s in Brasilië vertraag steeds die vordering van die verskepings in die Suid-Amerikaanse land, wat Amerikaanse uitvoer van sojabone in gister se verhandeling bevoordeel het.

Die sentiment in die mark duur voort met kommer oor die verskerping van Amerikaanse sojaboonvoorrade, met die groeiende pryspotensiaal vir nuwe oes-sojabone.

Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gekry oor alle kontrakte wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R90/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 650/ton te sluit.


Koring

Die Amerikaanse koringbedryf het die opwaartse beweging van eergister teengesit op 'n rondte winsneming en warmer weervoorspellings wat voorlê in die Amerikaanse vlaktes en Europa.

Europa het in Januarie en Februarie koue beleef en voldoende sneeubedekking sal winterkoringplante beskerm, veral gedurende die laaste koue episode wat die langste en koudste van die groeiseisoen was.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning verloor en het oor alle kontrakte wat gelys is swakker geëindig.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021 R16/ton laer verhandel en gesluit teen R5 195/ton.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.