Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Mon, 01 Mar 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag redelik sywaarts verhandel en het nie groot prysbewegings getoon vir die dag nie.
Die verwagting is dat die mielie-oppervlakte wat hierdie seisoen in die VSA aangeplant sal word, aansienlik meer behoort te wees as die vorige seisoen se aanplantings. Die weerstoestande sal egter die deurslaggewende faktor wees.
Die plaaslike mieliemark het Vrydag gemeng verhandel met die ou seisoen witmieliekontrakte wat onder druk gekom het, terwyl die nuwe seisoen witmieliekontrakte ondersteuning gevind het. Die geelmieliemark het meestal onder druk gekom vir die dag.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R5/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 103/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R6/ton laer verhandel om teen R3 212/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.
Die verwagting is dat Brasilië se uitvoerbare voorraad van sojabone vir die seisoen 8% laer behoort te wees as die vorige seisoen se uitvoerbare voorraad. Dit sal die groot kopers noodsaak om meer na Amerikaanse sojabone te kyk vir invoer.
Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R73/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 777/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het Vrydag onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die verwagting in die internasionale mark is dat die Russiese koringproduksie vir die seisoen 15% hoër behoort te wees as die vorige seisoen se produksie. Dit is die hoogste Russiese koringproduksie op rekord.
Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021, R41/ton hoër verhandel om teen R5 168/ton te sluit.
OFM-nuus
