On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 10 Mar 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Amerikaanse mieliepryse het Dinsdag vervaag nadat USDA groter as verwagte mielievoorrade gerapporteer het, wat tegniese verkope tot gevolg gehad het.

USDA het Amerikaanse mielie-eindvoorrade stabiel gehou in die WASDE-verslag gisteroggend, op 38 miljoen ton.

Die plaaslike mieliemark het gister swakker verhandel oor al die kontrakte wat vir wit- en geelmielies gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R53/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 183/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R62/ton laer verhandel om teen R3 301/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonpryse het skerp gedaal ná die WASDE-verslag van gister, maar herstel na die einde se kant toe.

USDA se ramings vir sojaboongebruik en voorrade is hierdie maand "meestal onveranderd".

Die plaaslike sojaboonmark het gister wisselvallig verhandel oor alle kontrakte wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R88/ton hoër verhandel vir die dag om teen R8 025/ton te sluit.


Koring:

Amerikaanse koringpryse het matig hoër beweeg danksy ondersteunende vraag- en aanboddata van USDA, wat 'n mate van tegniese aankope aangespoor het.

USDA se vooruitsigte vir Amerikaanse koringaanbod en -vraag is ook vandeesmaand meestal onveranderd gelaat.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gekry en het oor  alle kontrakte wat gelys is, swakker geëindig.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021 R11/ton laer verhandel en gesluit teen R 5 425/ton.


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.