Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 10:30 Thu, 11 Mar 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
'n Tweede dag van tegniese verkope het mielietermynkontrakte gister in die VSA laer gedruk, ondanks die feit dat USDA in die WASDE-verslag die Amerikaanse voorraad ramings op 'n sewe-jaar laagtepunt gehou het.
Die mielie-oes van Argentinië het die afgelope paar weke aansienlike hitte-spanning ondergaan weens die skielike weerverskuiwing na warm en droë temperature.
Die plaaslike mieliemark het gister swakker verhandel oor al die kontrakte wat vir wit- en geelmielies gelys is. Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R29/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 160/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R28/ton laer verhandel om teen R3 285/ton te sluit.
Sojabone:
Ná vier dae se toenemende prysstygings het sojapryse in die VSA gister onder druk begin kom. "Logistieke probleme onderdruk premies omdat kopers nie van onderbrekings hou nie," het, Luiz Roque, 'n ontleder van die Safras & Mercado landbou-onderneming aan Reuters gesê.
"Ons het jare lank nie negatiewe premies gesien nie." Die plaaslike sojaboonmark het gister wisselvallig verhandel oor alle kontrakte wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R7/ton hoër verhandel vir die dag om teen R8 030/ton te sluit.
Koring:
Amerikaanse koringtermynkontrakte het gister ook gedaal te midde van die tegniese verkope van graan.
Verliese is beperk deur verhoogde USDA-voorspellings vir die invoer na China.
'n Sterker dollar het ook gehelp om die verliese te beperk. Die Franse uitvoer van sagte koring is ongeveer 45% laer as 'n jaar tevore ná 'n groeiperiode wat onder weersomstandighede geteister word. Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning verloor en het oor alle kontrakte wat gelys is, swakker geëindig. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021 R71/ton laer verhandel en gesluit teen R5 352/ton.
OFM-nuus
