Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 17 Mar 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het gister meestal sywaarts verhandel deur die dag, maar het laat in die sessie ondersteuning gevind om sterker te verhandel vir die dag.
Die ondersteuning in die Amerikaanse mark was grootliks as gevolg van groot uitvoerverkope wat private uitvoerders aan die Amerikaanse Departement van Landbou gerapporteer het. Dit was vir lewering aan China.
Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakte van wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R39/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 087/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R36/ton hoër verhandel om teen R3 210/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die internasionale mark hou steeds die verwikkelinge in Suid-Amerika dop met die weerstoestande daar wat tans nie gunstig is vir sojaboon-produksie nie.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R26/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 788/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het gister meestal gemeng verhandel vir die dag.
Die Amerikaanse koringproduksietoestande het verbeter in gedeeltes van die VSA se grootste koring-produserende state.
Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021, R30/ton laer verhandel om teen R5 138/ton te sluit.
OFM-nuus
