On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 18 Mar 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister gemeng verhandel vir die dag.  

Die weeklikse Amerikaanse etanolproduksie het vir 'n derde agtereenvolgende week toegeneem volgens die jongste syfers.

Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakte van beide wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R16/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 102/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R17/ton hoër verhandel om teen R3 230/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.

Die druk op die Amerikaanse mark kan grootliks toegeskryf word aan die reën wat in Argentinië voorgekom het en positief is vir die produksie.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal gemeng verhandel vir die dag.  

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021 R24/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 771/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister meestal onder druk gekom en het ongeveer 1% laer gesluit vir die dag.

Die druk op die internasionale koringmark kan grootliks toegeskryf word aan die goeie produksieverwagtinge in Rusland.

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021, R23/ton laer verhandel om teen R5 115/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.