On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Melkprodusente trek aan kortste speen weens belastings

───   ELSABÉ RICHARD 08:00 Wed, 19 May 2021

Melkprodusente trek aan kortste speen weens belastings | News Article

Eksterne faktore soos belastings, die styging in diesel- en voerpryse, asook ‘n verhoogde minimumloon, het ‘n negatiewe effek op die melkbedryf.

Ian van Niekerk, hoof uitvoerende beampte van Oakland Dairies, sê melkprodusente sowel as die verbruiker, is onder druk. 

Sien onderstaande PODCAST

Van Niekerk sê verder die bedryf sukkel steeds om aan te pas by die “voor Covid-19 pryse” en dat die druk nog hoër is as wat dit voorheen was.

Hy voeg by dat daar in dié stadium nie genoeg melk in die Wes-Kaap is nie en dat produsente nie ‘n verhoging in pryse kry nie. “Die groot probleem is die geld wat gemaak word tussen die boer en die verbruiker, daar’s ‘n groot gaping omdat jy belastings moet betaal.

“Ek praat nie van regeringsbelasting nie, ek praat van kettingvoerbelastings – soos om gelys te word by ‘n winkel en om uitpakkers te betaal.

“As ons nou 50c ‘n liter meer moet kry, sal dit vir die boer help om al die kostes te kan verhaal. Maar 50c ‘n liter sal beteken ‘n R1,00 op ‘n twee liter waar ons miskien ‘n R25,00 na ‘n R26,00 of ‘n R26,00 na ‘n R27,00 sal vat in ‘n winkel wat die verbruiker maklik sal kan hanteer.

“Maar dit is nie net ‘n R1,00 nie, want almal sit hulle [deel] by en kyk na hulle GP. Op die einde van die dag is dit vir die verbruiker soveel moeiliker om ons boere se produk te koop, want daar is soveel belastings tussenin van mense wat nie eens die produk produseer nie, wat nie eens ‘n kalf moet grootmaak nie…” verduidelik Van Niekerk.

Hy is bekommerd dat verbruikerspryse so hoog sal word dat die verbruiker nie die suilwelprodukte sal wil gebruik nie, “en as hulle nie die melk gebruik nie dan produseer ons die melk verniet”.

 Van Niekerk stel egter voor dat as die regering iets hieromtrent kon doen, kan hy eerder die kettinggroepe inperk om die melk persoonlik te belas en ook tariewe op invoer te voeg.

Daarmee saam het OFM-nuus voorheen berig Van Niekerk het die belangrikheid om plaaslike melkboere te ondersteun benadruk om sodoende die geld wat hulle in hulle besighede belê het, terug te kan kry om hulle werkers se salarisse te betaal. Hy het bygevoeg dat melk ‘n gesonde produk is en werk vir duisende Suid-Afrikaners skep.

Hy het ook verduidelik dat kleiner melkboerderye swaarkry en uiteindelik hulle hekke moet sluit, terwyl groot melkboerderye nóg groter word en uiteindelik in mega-suiwelprodusente verander.

Van Niekerk het verder gesê groot melkerye melk sowat 1 000 koeie per dag, wat meer as 35 000 liter melk produseer. Hierdie boere maak gebruik van tegnologie om te help met die gladde verloop van melkbedrywighede en het minder werkers nodig.

Kleiner boere, aan die ander hand, vind dit soms moeilik om tred te hou met tegnologie en nuwe masjiene wat gekoop moet word.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.