On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 02 Mar 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die internasionale mieliemark verhandel sterker met bekommernisse rakende die mielie-aanplantings in Brasilië wat vertraag word weens die vertraging in die stroopproses van sojabone.

Die Amerikaanse aanplantings begin oor ongeveer 'n maand en die mark sal die vordering van die Amerikaanse mielie-aanplantings fyn dophou.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van wit en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R37/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 140/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R53/ton hoër verhandel om teen R3 265 /ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het ongeveer 1% hoër verhandel vir die dag.

Die vraag na sojabone in China is steeds hoog en dit bied ondersteuning aan die internasionale mark.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.  

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R146/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 819/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het redelik sywaarts tot effens hoër verhandel vir die dag.

Die ondersteuning tot die Amerikaanse mark kan grootliks toegeskryf word aan die verhoging van die uitvoerbelasting op Russiese koring.  

Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021, R57/ton hoër verhandel om teen R5 225/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.