On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Arts

Die Storiekas: ’n Luisteravontuur vir die hele gesin

───   09:00 Thu, 25 Jan 2024

Die Storiekas: ’n Luisteravontuur vir die hele gesin | News Article
Anton en Nelien Smith gesels met Yolanda Maartens oor waar die stories vandaan kom.

Met ‘Die Storiekas’ kan jy vir ’n paar oomblikke jouself in die bos met al sy karakters laat verdwaal.

Anton en Nelien Smith is ’n pa-en-dogter duo van Bloemfontein wat hul liefde vir stories vertel en skryf met die hele wêreld wil deel en met vandag se aanlyn-potgooiplatforms is dit uiteindelik ’n werklikheid.

In die OFM Kunsteklop gesels hulle met Yolanda Maartens oor waar die stories vandaan kom, hoekom dit so lekker is om in Afrikaans te skryf en te kan lewe gee aan die onderskeie karakters.


Anton en Nelien wil graag kinders herinner om hul verbeelding te gebruik en om nie slegs op visuele beelde staat te maak nie. Vir elke persoon, jonk of oud, klink die wêreld van Die Storiekas anders en kan jy vir ’n paar oomblikke jouself in die bos met al sy karakters laat verdwaal.



Luister gerus na Die Storiekas en ondersteun Afrikaanse stories vanuit Sentraal SA.

OFM

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.