On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

At Lunch

Finesse - Die een met Refentse en Andriette op die Voorblad

───   14:45 Wed, 10 Jan 2018

Finesse - Die een met Refentse en Andriette op die Voorblad  | News Article

In hierdie Potgooi, gesels Cyril met redakteur van die Finesse Tydskrif, Vanessa Schoeman, oor wat jy als in die nuuste uitgawe kan lees, wat reeds op die rakke is.



>> wat jy sal raaklees


Voorblad: Refentse en Andriette

Hulle kan seker nie meer verskillend wees nie – maar ten spyte van hulle uiteenlopende agtergronde het die 2 sangers een ding in gemeen:

Hulle droom groot. Ten spyte van die groot uitdagings tydens hulle kinderjare en mense se kritiek.

Dit is regtig inspirerend om te sien hoe hulle albei hulle slegste ervarings in leergeleenthede omskep het.

 

Vroue praat oor ... kinderloosheid

Dit is die vrou wat saam met jou werk, wat langs jou bly of  wat vir jou kinders skool gee.

Op die oog af lyk sy heel tevrede maar vanaand wanneer sy alleen is huil sy haar oe uit omdat sy nie kinders kan he nie.

En dan sê mense nog te gereeld onsensitiewe goed daaroor ook!

Ons het met 4 vroue gesels wat kinderloos is en gaan hoor hoe hulle harte klop.

 

Een tot Een: Natasha Sutherland

Ons het lanklaas met Natasha gesels.

Toe ons haar vra of sy so sterk en selfversekerd voel soos wat sy lyk, het sy dadelik NEE geantwoord.

Sy deel dat sy baie met angs gesukkel het verlede jaar.

Eintlik was sy sommer baie eg en oop en eerlik oor hoe dit regtig met haar gaan deesdae – nie meer as Steve Hofmeyr se eks nie, maar net as Natasha.

Daar is maar min bekendes wat so met hulle hart op hulle mou loop – maar ek moet se ek het groot waardering daarvoor. Sy laat ons almal net meer normaal voel.

 

Tema artikel – Droom jy groot genoeg? 

Ek dink ons almal het al minstens een keer die jaar gedink – hoe gaan ek my nuwejaarsvoornems laat realiseer?

Ons droom oor ? beter werk of ons wil so graag ons skuld afbetaal, maar dit voel net onmoontlik.

In hierdie uitgawe gee 5 van ons land se topkenners raad oor hoe jy jou doelwitte kan bereik en jou drome kan bewaarheid.

En as jy hierdie artikel gelees het, sal jy nie meer kan se jy het te min tyd of te min geld nie!

 

Gratis!

En wanneer almal platsak is na die vakansie, het Finesse ? bederf vir 1000 van ons lesers.

Op bladsy 6 kan jy lees hoe jy ons voelgoed Finesse beplanner ter waarde van R160 gratis kan kry.

 

En dan het ek gister gehoor dat ons eie Demi-Leigh Nel-Pieters, mej Heelal die afgelope Golden Globes bygewoon het!




>> luister hier na die gesprek


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.