At Lunch
Jan Blohm vertel Jenny se verhaal verder met nuwe enkelsnit─── 11:48 Mon, 16 Aug 2021
Daar is min musikante wat dit regkry om met die hart te praat soos Jan Blohm. Hy gesels met At Lunch se Cyril Viljoen oor sy jongste enkelsnit.
In 2020 het Jan Blohm ’n konsep-album vrygestel, met die naam 'Jenny', waarmee hy graag die verhaal wou vertel van twee tieners wat in die 1980’s in die klein konserwatiewe spoorwegdorpie, De Aar, woon en sedertdien geniet bewonderaars om te hoor hoe dié storie ontvou.
LEES OOK: William Wolf help ander musikante
Met sy nuutste enkelsnit, 'NONNIE', val ’n volgende deel van hierdie interessante legkaart in plek.
"NONNIE is wat Jenny se ouers haar genoem het en vertel nog ’n stukkie van haar storie. Dit is nog ’n liedjie wat die jongman oorkant die pad vir haar skryf wanneer hy na haar verlang," verduidelik Jan oor dié liedjie wat deur hom en John Masser vervaardig is en waarvan die produksie deur Vonk Musiek behartig is.
Volgens hom, is die boodskap agter die vierde vrystelling vanaf sy album dat ’n mens moet vashou aan daai gevoel van eerste liefde.
Luister na die potgooi hieronder.
Jan Blohm vertel Jenny se verhaal verder met nuwe enkelsnit, 'nonnie':