On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

OFM Nights

Klanktoets: William Wolf help ander musikante

───   18:38 Thu, 12 Aug 2021

Klanktoets: William Wolf help ander musikante | News Article

OFM Nights se Renaldo Schwarp gesels met Wolf oor sy Droomdag-kompetisie en hoe ander plaaslike kunstenaars betrokke kan raak.

Die musiekvideo vir William Wolf se 'Liefde Gemaak', is aan die begn van Junie vrygestel met die Droomdag-kompetisie - wat ook op sy sosiale media afgeskop het.  

LEES OOK: William Wolf se 'Liefde Gemaak'
 
Met dié kompetisie, wat vanjaar vir die tweede keer plaasvind, maak Wolf ’n opkomende kunstenaar se drome waar. 

Die wenner ontvang ’n prys ter waarde van meer as R80 000 wat insluit: ’n unieke liedjie geskryf deur Wolf, die opname en vervaardiging van die liedjie, ’n musiekvideo en ’n volle publisiteitspakket wat die omslagontwerp asook bemarking op die enkelsnit insluit.


Enige kunstenaar kan hiervoor inskryf, met meer details op Wolf se Facebook-blad.

Luister na Wolf se gesprek met Renaldo Schwarp hieronder.


Podcasts

Klanktoets: William Wolf help ander musikante met Droomdag-kompetisie:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.