On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Kundiges sit koppe bymekaar oor beheer van stompkopkewer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:28 Wed, 26 Sep 2018

Kundiges sit koppe bymekaar oor beheer van stompkopkewer  | News Article
Wikipidia

Die gevreesde stompkopkewer en sy simbiotiese swam bedreig nou pekanneutbome in Hartswater in die Noord-Kaap.


Daar is in dié stadium geen wetgewing in plek om dié boomplaag te beheer nie, wat aanvanklik in Pietermaritzburg en Durban in KwaZulu-Natal voorgekom het. Kundiges is in die proses om 'n aksieplan saam te stel teen die veelsydige kewer wat in die stamme van die meeste boomsoorte boor en dan kanale of gange maak waarin wyfies hul eiers lê.

Die wyfies bring ook spore van ‘n patogeen in wat dan veroorsaak dat die boom vrek. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se Jan-Hendrik Venter oor die beheer van dié boomplaag gepraat…

Dit was die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se Jan-Hendrik Venter op OFM.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by 082-851-8254 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.