On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Veeboere presteer goed ondanks uitdagings

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:28 Fri, 16 Nov 2018

Veeboere presteer goed ondanks uitdagings | News Article
Philip Strydom, besturende direkteur van Voermol

Organiseerders van Voermol se 16de Nasionale Skaap- en Beesboer van die Jaar-kompetisie, wat vandeesweek in Bloemfontein plaasgevind het, is in hul noppies met die finaliste se uitsonderlike vernuf.


Ondanks uitdagings in die landboubedryf boer dié finaliste steeds vooruitstrewend.  

Daar is vanjaar 14 skaapboere van oor die land heen vir dié kompetisie genomineer, terwyl altesaam 13 beesboere genomineer is.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het die spoggeleentheid bygewoon en met die besturende direkteur van Voermol, Philip Strydom, gepraat…



Dit was Philip Strydom, die besturende direkteur van Voermol, slegs op OFM. Andrew Jordaan van Cradock in die Oos-Kaap is as die wenner in die skaap-afdeling aangewys, terwyl John Eustace van die Underberg in KwaZulu-Natal, Voermol se Beesboer van die Jaar was.  

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus


 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.