On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

#AgriSA: Onsekerheid oor grondkwessie bly heers tot ná die algemene verkiesing

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:02 Tue, 15 Jan 2019

#AgriSA: Onsekerheid oor grondkwessie bly heers tot ná die algemene verkiesing | News Article

Droogtetoestande in groot dele van Suid-Afrika, asook landelike veiligheid, is van die grootste uitdagings wat die landboubedryf in 2019 in die gesig staar, terwyl die politieke situasie en beleidonsekerheid ook uitstaan.



Dít is volgens Agri SA se president, Dan Kriek, wat meen daar heers steeds ‘n mate van onsekerheid onder boere rondom die hersiening van die Grondwet en meer spesifiek Artikel 24, wat die regering in staat stel om grond in Suid-Afrika sonder vergoeding te onteien.  

Kriek sê die wete dat dié proses nie voor die algemene verkiesing vanjaar afgehandel gaan word nie, skep steeds onsekerheid.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…



Dit was Agri SA se president Dan Kriek op OFM.  Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller by (051) 5050-953 met jou landbounuus of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.