On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agri Hour

Bek-en-klouseer stok in rooivleisbedryf se wiele

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:28 Mon, 28 Jan 2019

Bek-en-klouseer stok in rooivleisbedryf se wiele | News Article

Die hoë mielieprys, 'n toename in slagtings weens droogtetoestande, asook die uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo, is bydraende faktore tot die moeilike situasie waarin die rooivleisbedryf tans is.


Daar word daarna verwys as die 'perfekte storm'. 'n Bekende landbou-ekonoom, Johan Willemse, sê die mielieprys en die prys van veevoer het met 30% teenoor die prys drie maande gelede gestyg.

Volgens hom is daar ook meer slagtings weens swak weidingstoestande in droogtegeteisterde gebiede wat daartoe lei dat daar 'n groot aanbod vir rooivleis in die mark is. Dit is egter die bek-en-klouseer uitbreking wat die stok in die bedryf se wiele is. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Willemse gepraat.



Dit was die bekende landbou-ekonoom, prof. Johan Willemse, slegs op OFM. Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.