On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agri Hour

Boere in die Vrystaat beleef ‘n ‘finansiële droogte’

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:49 Tue, 19 Feb 2019

Boere in die Vrystaat beleef ‘n ‘finansiële droogte’ | News Article
Goeie reën het geval in die Bultfontein-distrik FOTO: Christal-Lize Muller

Goeie reën het die afgelope week in groot dele van die sentrale binneland, waar droogtetoestande boere in ‘n wurggreep het, ietwat verligting gebring.


Boere is dankbaar vir elke druppel, maar dit is egter nog nie die einde van die impak van die voortslepende droogte op die landboubedryf nie en veral die impak daarvan op boere in die Vrystaat, wat intussen as ‘n droogterampgebied verklaar is.

Die Premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela, en die LUR van Landbou en Landelike Ontwikkeling, Benny Malakoane, het verlede Donderdag ‘n regeringsafvaardiging gelei wat kommersiële en bestaansboere in die Bultfontein-distrik  besoek het om hulself met die droogtesituasie in die provinsie te vergewis. Dr. Jack Armour, bedryfsbestuurder van Vrystaat Landbou (VL), het in ‘n voorlegging ‘n duidelike prentjie geskep van die droogtesituasie en het verduidelik wat  die impak daarvan is.

Armour sê die westelike deel van die Vrystaat, wat die Bultfontein-distrik insluit, word die ergste geraak. Hy verwys daarna as ‘n finansiële droogte. In die Tswelopele-distrik het meer as ‘n honderd boorgate al opgedroog terwyl daar werksverliese was en boere kniediep in die skuld is. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller was in Bultfontein en het met Armour gepraat…  



Dit was dr. Jack Armour, bedryfsbestuurder van Vrystaat Landbou (VL).


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.