On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Hier is die weeklikse veilingspryse vir lewende hawe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:42 Thu, 21 Feb 2019

Hier is die weeklikse veilingspryse vir lewende hawe | News Article
FOTO: OFM

OFM-nuus se Christal-Lize Muller praat met Chris Derksen oor die pryse wat behaal is vir lewende hawe op veilings.


Derksen versprei weekliks dié pryse sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om ingeligte besluite te neem met die verkoop of aankoop van lewende hawe.  Boere kan dié inligting gebruik om ‘n  aanduiding te kry van die prys wat diere op 'n veiling kan behaal. Dit dui ook aan wat kopers bereid is om vir diere te betaal.  Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. 

Derksen sê die pryse van lewende hawe is vandeesweek ietwat hoër en dit kan toegeskryf word aan produsente wat vee vir belastingdoeleindes aankoop. Daar is ook ‘n tekort aan vet lammers wat bydra tot hoër pryse.  



Dit was Chris Derksen, wat die veilingspryse van lewende hawe verskaf het. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.