On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Persepsies dat grond gesteel is, kan nie weg geargumenteer word nie, sê Piet Croucamp

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:04 Fri, 08 Mar 2019

Persepsies dat grond gesteel is, kan nie weg geargumenteer word nie, sê Piet Croucamp | News Article
Dr. Piet Croucamp FOTO: OFM-nuus

Daar is groot ontevredenheid in sekere landbougeledere oor 'n politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit (NWU), dr. Piet Croucamp, se bewerings dat Suid-Afrikaanse boere die grond waarop hulle boer, gesteel het.


Dit gons behoorlik in landboukringe nadat Croucamp die afgelope naweek op die Woordfees by Stellenbosch vanuit die gehoor by ‘n paneelbespreking aangesluit het. Die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA) meen Croucamp het geïmpliseer dat boere misdadigers is. Croucamp het egter aan OFM-nuus gesê wit Suid-Afrikaners het swart mense weerhou daarvan om grond te besit en grond is afgevat.

 “Ons word oorval deur ons lede wat woedend is omdat hulle as gronddiewe, asook onnodig vir die landboubedryf beskryf word,” meen Louis Meintjies, TLU SA se President. “Ons lede is moeg daarvoor om gereeld die sondebok gemaak te word terwyl ons hard werk om Suid-Afrika se tafels vol kos te hou.”  In 'n verklaring sê Meintjies  Croucamp behoort van beter te weet en ten minste stawende bewyse vir sy vergesogte stellings voorlê.  “Alle navorsing dui daarop dat geen boer sy of haar grond gesteel het nie.”

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Croucamp gepraat…



Dit was dr. Piet Croucamp, ‘n politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit (NWU). Skakel Maandagoggend in op Before Dawn wanneer Croucamp verder gesels oor grondbesit en die rol van megaboere.


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.