On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

TLU SA: Boere het wettige titelaktes en is nie diewe nie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:55 Mon, 11 Mar 2019

TLU SA: Boere het wettige titelaktes en is nie diewe nie | News Article
Louis Meintjes TLU SA Foto: Verskaf

Die Transvaalse Landbou-unie, oftewel TLU SA, kritiseer uitlatings deur verskeie betrokkenes, naamlik dat grond in die vorige bedeling van swart mense gesteel is, ten sterkste.


TLU SA se president, Louis Meintjes, sê uitlatings deur die politieke ontleder, dr. Piet Croukamp op die Woordfees in Stellenbosch verlede naweek, dat boere moet gaan belei dat hulle grond gesteel het sodat die kwessie afgehandel kan word, is verregaande. Meintjes sê  boere beskik oor wettige titelaktes wat deur die regering uitgereik is as waarborg dat grond aan hulle behoort.

Volgens hom het TLU SA selfs ‘n beloning van R100 000 uitgeloof vir enige mens wat kan bewys dat ‘n kommersiële boer sy grond gesteel het en dié geld is steeds veilig in hul bankrekening.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Meintjies gepraat…



Dit was Louis Meintjes, president van die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA).

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.