On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:36 Thu, 14 Mar 2019

Wat sê die landbou-ekonoom Kobus Laubscher? | News Article

OFM-nuus se Christal-Lize Muller praat soos oudergewoonte op ‘n Donderdag met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.


Laubscher praat oor ‘n verslag van McKinsey & Company oor die suksesvolle transformasie in landbou. In die verslag is daar ses elemente van beplanning en lewering wat van belang is. Hy sê die meeste bestaansboere of gesinne wat afhanklik is van hul boerderye om ‘n bestaan te maak, dikwels té min van hul inkomste aan kos bestee. 

Hulle lewe van die hand tot die tand, want wêreldwyd is die meeste arm mense aangewese op landbou om ‘n bestaan te maak. Laubscher sê dié boere is andersyds entrepreneurs in murg en been wat weet hoe om hul sente om te draai en wanneer daar gepoog word om hulp aan dié boere te verleen is daar denkfoute wat dikwels verantwoordelik is vir die onvermoë van projekte wat dan nie suksesvol is nie.



Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, op OFM. Om na ander insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.