On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

SA bruto waarde van landbou-produksie lyk voorentoe goed

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:43 Fri, 24 May 2019

SA bruto waarde van landbou-produksie lyk voorentoe goed | News Article
FOTO: OFM

Daar is positiewe vooruitsigte vir boere in terme van die bruto waarde van landbou-produksie, wat na verwagting oor die komende twee jaar kan verbeter teenoor die afgelope twee jaar se waarde.


‘n Senior landbou-ekonoom van Absa-Agribesigheid, Wessel Lemmer, meen dit kan toegeskryf word aan verskeie faktore soos onder meer langtermyn-tendense, wat ‘n verskuwing na verbeterde reënvaltoestande in die sentrale en westelike dele van die land toon.

Lemmer sê ‘n relatiewe hoër mielieprys in die komende twee jaar kan bydrae tot ‘n baie goeie bruto produksiewaarde en wanneer dit met volhoubare bewerksingspraktyke gekombineer word gaan boere beslis die wind van agter kry. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Lemmer gepraat  tydens Absa-Agribesigheid se bekendstelling van die  herfsuitgawe van sy landbouvooruitskouing vir 2019 op Graan SA se Nampo-Oesdag. 



Dit was Wessel Lemmer, 'n landbou-ekonoom van Absa-Agribesigheid, slegs op OFM. Luister elke Maandag tot Vrydag na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.