On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Boshof-plaasmoord: Egpaar laat ‘n groot leemte

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:03 Wed, 17 Jul 2019

Boshof-plaasmoord: Egpaar laat ‘n groot leemte   | News Article
Sakkie en Ina van der Berg FOTO: Maroela Media

Die Vrystaatse bejaarde egpaar wat wreedaardig in hul plaashuis buite Boshof vermoor is, was baie geliefd onder hul familie en vriende.


 Henk Vermeulen, ‘n jare lange vriend, sê Sakkie en Ina van der Berg was gasvrye, gelowige en humoristiese mense. Sakkie was baie intelligent en Ina saggeaard. Volgens Vermeulen, die voormalige uitvoerende hoof van Vrystaat Landbou (VL), laat dié egpaar ‘n leemte in baie mense se lewens. Hy sê daar is baie goeie herinneringe van die geliefde egpaar wat bemoedigend is.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Vermeulen gepraat…



Dit was Henk Vermeulen, voormalige uitvoerende hoof van Vrystaat Landbou (VL). Skakel Donderdagoggend in op Before Dawn tussen 05:00 en 06:00 wanneer Vermeulen verder gesels oor die impak wat dié  voorval op hom as 'n vriend van die egpaar. Hy deel ook bemoedigende woorde met boere oor veiligheid op plase en kleinhoewes in die Vrystaat.  


Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. 

Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.