On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Amerikaanse produksietoestande beïnvloed plaaslike mielie-, lewendehawe bedrywe

───   06:49 Wed, 21 Aug 2019

Amerikaanse produksietoestande beïnvloed plaaslike mielie-, lewendehawe bedrywe | News Article
FOTO: worldatlas.com

Dr. Johnny van der Merwe, landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit (NWU), gesels vandag oor onder meer die veebedryf.


Hy brei uit oor die tendense van pryse na die einde van die jaar toe. Van der Merwe gee ook sy mening oor die invloed van die mieliepryse wat so drasties gestyg het, op die lewendehawe-bedryf.  Hy meen dit is "ongehoord" in 'n normale seisoen dat die prys van mielies só hoog is en opwaarts beweeg, veral tydens oestyd.

Dit kan toegeskryf word aan die Amerikaanse produksietoestande, wat weer om die beurt 'n uitkringeffek na die lewendehawebedryf toe het. Hy sê dit het weer 'n interessante uitwerking op lewendehawepryse gehad.

OFM se Pieter Möller het met hom gepraat...


Sien aangehegte PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.