On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agri Hour

Bestuur van veldbrande moet uitbrei en verbeter, sê brandorganisasie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:37 Tue, 01 Oct 2019

Bestuur van veldbrande moet uitbrei en verbeter, sê brandorganisasie | News Article

Daar word nou gepoog om brandverenigings en die algemene bestuur van veldbrande in die Vrystaat uit te brei en te verbeter.


Johann Breytenbach, algemene bestuurder van die Vrystaatse sambreel-organisasie vir brandverenigings (FSUFPA), sê meer betrokkenheid is nodig met betrekking tot die verbetering van brandverenigings se tegniese vermoë,  omdat wegholveldbrande en die skade wat dit aanrig, ernstige geldelike implikasies vir dié verenigings en grondeienaars inhou. Hy sê daar moet aan wetlike vereistes voldoen word, want regsgedinge rondom dié skade raak nou meer ernstig van aard.

Volgens hom is daar ‘n aansienlike toename in dié hofgedinge, veral in die Vrystaat, wat nou die hoogste persentasie hofsake het wat weens eise van veldbrande ontstaan. Dit kom nadat meer as 45 400 hektaar veld sedert Mei vanjaar tot die einde Augustus weens wegholveldbrande in die Vrystaat in die slag gebly het. Daarmee saam wil dit egter voorkom of minder ernstige en groter brande vanjaar tot en met die einde van verlede maand voorgekom het, sê hy. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Breytenbach gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.



OFM-nuus



 



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.