On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Hier is die weeklikse veilingspryse vir lewende hawe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:35 Thu, 14 Nov 2019

Hier is die weeklikse veilingspryse vir lewende hawe  | News Article

‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf weekliks veilingspryse aan OFM wat vir lewende hawe op veilings behaal is.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Dié inligting is handig en boere kan dit gebruik om ‘n aanduiding te kry van die prys wat diere kan behaal en ook wat kopers bereid is om te betaal. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik.

Derksen verskaf veilingpryse wat vandeesweek Dinsdag behaal is. Hy verwys na sy onlangse besoek aan Namibië, waar produsente ook onder erge droogtetoestande gebuk gaan, maar steeds staande bly. Plaaslik verwys hy na reën wat vandeesweek in gebiede in die Noord-Vrystaat voorgekom het en boere se gemoedere effens gelig het. Volgens hom is daar ‘n opwaartse styging in die plaaslike speenkalfprys, terwyl die bokmark steeds stabiel is en die prys van dié diere goed is.

Hier is Derksen...


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, wat die veilingpryse van lewende hawe verskaf het. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.



OFM-nuus






Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.