On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Daar is hoop vir 2020 ná bek-en-klouseer uitbreking

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:17 Wed, 11 Dec 2019

Daar is hoop vir 2020 ná bek-en-klouseer uitbreking | News Article

As alle belanghebbendes nou saamwerk om die bek-en-klouseer uitbreking wat onlangs in Limpopo in beeskuddes bevestig is, te beheer kan 2020 ‘n beter jaar vir die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf wees.


Dit is volgens dr. Pieter Vervoort, besturende direkteur van die Nasionale Dieregesondheidsforum, nadat bek-en-klouseer weer in Limpopo uitgebreek het nadat dié siekte in Januarie in die Vhembe-distrik ook in dié provinsie voorgekom het.

Vervoort meen Suid-Afrika se handelsvennote is bewus van die jongste uitbreking en beheermaatreëls wat in plek is. Hy sê produsente se gemoed is laag weens die dalende prys van vleis en droogtetoestande, maar as die siekte onder beheer is, is daar hoop vir die toekoms.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Die Safex-pryse op OFM is  moontlik gemaak deur Senwes Grainlink, waar innoverende oplossings vir al jou graanbemarkings- en bergingsbehoeftes deur 18 graanbemarkingskantore en 68 silo-komplekse aangespreek word. Senwes Grainlink – breek nuwe grond.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.