On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Hier is die weeklikse veilingsprys-verslag vir lewende hawe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:50 Thu, 12 Dec 2019

Hier is die weeklikse veilingsprys-verslag vir lewende hawe  | News Article

‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf nie vanoggend soos oudergewoonte die weekliks veilingspryse, wat vir lewende hawe op veilings behaal is nie.


Derksen versprei dié inligting weekliks sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Derksen kan nie die verslag verskaf nie, want daar was nie veilings nie, nadat ‘n nasionale tydelike verbod op die samekoms van spleethoewige diere vanaf meer as een bron ingestel is, nadat bek-en-klouseer in Limpopo uitgebreek het.

Hier is Derksen:


Sien onderstaande PODCAST


Hy vergelyk die situasie wat tans in die lewendehawebedryf heers, met ‘n kat in ‘n duiwehok. Daarmee saam is daar ‘n greintjie hoop met goeie reën wat in talle gebiede in die sentrale binneland geval het. Dit gaan bydra tot genoegsame natuurlike weiding vir diere. Hy sê verder dit het ook goed in Botswana en Namibië gereën wat die bemarkingsdruk op Suid-Afrika sal verminder. Volgens hom is daar geen nuwe uitbrekings van bek-en-klouseer nie en die uitvoermark is steeds behoue vir Suid-Afrika weens die drastiese maatreëls wat in plek is in terme van die beheer van dié siekte.

Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, wat die veilingpryse van lewende hawe verskaf het. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.