On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:07 Thu, 06 Feb 2020

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher…


Hy sê Januarie is uit die aard van die saak "regskudtyd" wat 'n geleentheid bied waarin daar bepaal word wat geprioritiseer moet word, terwyl keuses beskikbaar is om oor te besluit. Hy vergelyk dit met kaarte wat uit 'n hoed getrek word.

Hy sê 'n gunstige kaart uit die hoed is 2020 wat vir talle boere goed begin het met mildelike reën. In die middel van Januarie was 90% aanplantings op landerye gedoen. Daarmee saam het die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) 'n positiewe siening vir vanjaar se mielieoes. Dit is ook deur die Amerikaanse departement van landdbou bevestig.

Suid-Afrika sal in alle waarskynlikheid slegs 'n uitvoerder bly van mielies, maar dié oes is nog nie in die spreekwoordelike sak van boere nie. Hulle moet steeds duim vashou dat die weersomstandighede gunstig is vir grondvog.

Druk op die graanaanbod uit Suid-Afrika gaan ook verander, nadat Zimbabwe GMO-mielies (genetiese gemanipuleerde organismes)kan invoer, maar daarteenoor wurg die bevolking van Nigerië onder 'n verbod op die invoer van kos.

Beesboere met bemarkbare vee het onlangs in Namibië rekordpryse behaal, terwyl hul eweknieë in Suid-Afrika met ‘n swak hand kaarte sit weens 'n verbod op veilings weens die uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo.


Sien onderstaande PODCAST


Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, wat met OFM-nuus se Christal-Lize Muller gepraat het.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.