On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Rooivleisbedryf moet steeds op hul hoede wees vir bek-en-klouseer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:08 Tue, 10 Mar 2020

Rooivleisbedryf moet steeds op hul hoede wees vir bek-en-klouseer | News Article
Dr. Pieter Vervoort FOTO: Agri SA

Bek-en-klouseer is steeds 'n werklikheid en betrokkenes moet op 'n volgehoue grondslag op hul hoede wees.


Dit ondanks die feit dat die tydelike nasionale verbod op die samekoms van spleethoewige diere gelig is. Die verbod is ingestel nadat bek-en-klouseer laat verlede jaar weer in Limpopo uitgebreek het. Dit was die tweede uitbreking in dié provinsie in dieselfde jaar. Dr. Pieter Vervoort, besturende direkteur van die Nasionale Dieregesondheidsforum, sê die jongste verwikkelinge rondom bek-en-klouseer is die tydelike verbod wat gelig is. Nog geen nuwe voorvalle is sedert middel Februarie vanjaar aangemeld nie, waar diere - hoofsaaklik beeste - positief getoets het op 19 eiendomme. Dit sluit voerkrale in. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Vervoort gepraat, wat verlede week 'n gasspreker op die Rooivleisprodusente-organisasie, RPO, in die Vrystaat, en die Nasionale Wolkwekersvereniging, NWKV, se inligtingsdag in Senekal was...

Vervoort sê veilings van lewende hawe is weer volstoom aan die gang en dit is goed vir die land se ekonomie. Alle belanghebbendes in die veilingsbedryf moet egter let op nuwe regulasies wat in plek gestel gaan word, veral ten opsigte van die naspeurbaarheid van diere.

Hy sê veilings gaan nou op 'n nuwe grondslag plaasvind en alle belanghebbendes sal seker moet maak dat hulle dié nuwe reëls navolg.

Volgens Vervoort is die situasie in Limpopo op grondvlak onder beheer met diere (beeste) wat in besmette kuddes is, wat nou van kant gemaak word deur middel van beheerde slagtings. Die slagtings kan nog 'n tyd neem, maar betrokkenes is vol vertroue dat hulle die stryd gaan wen.

Daar is reeds met beheerde slagtings begin en dit kan voortduur in die volgende drie maande, terwyl al die geraakte eiendomme, wat voerkrale insluit, steeds onder kwarantyn is. Dié eiendomme moet ses maande sedert 'n geval daarop aangemeld is onder kwarantyn wees en tot al die betrokke diere geslag is. Daarna sal die kwarantynstatus steeds in plek wees vir 'n korter termyn om sodoende seker te maak dat dié eiendomme bek-en-klouseervry is.

Volgens Vervoort is Suid-Afrika se vee-identifikasie en naspeurbaarheidstelsel, Lits SA, in die proses om uitgerol te word, nadat alle betrokkenes onlangs in Pretoria, die bekendstelling van dié stelsel bygewoon het. 


Sien onderstaande PODCAST



Dit was dr. Pieter Vervoort, besturende direkteur van die Nasionale Dieregesondheidsforum slegs op Before Dawn.Die volgende inligtingsdag deur die RPO in die Vrystaat en NWKV is op 17 Maart op Bothaville,  gevolg deur Brandfort op 18 Maart, Smithfield op 15 April en Trompsburg op 16 April.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.